Welkom by die NGK Empangeni! Ons is geroep om biddend, God se mense te wees,
wat Hom en mekaar met blydskap dien,
en namens Hom hulp en hoop
gee aan die wêreld.
   

Welkom by ons webwerf.

Empangeni gemeente bestaan uit lidmate in Empangeni, Mtunzini en Kwambonambi, wat ons natuurlik 'n driekoppige gemeente maak! Die gemeente beskik oor kerkgeboue op Empangeni en Mtunzini. Op Kwambonambi deel ons 'n kerkgebou met die St Aidens gemeente. Met slegs twee leraars en drie preekpunte kon dit maklik doller as kopaf gegaan het, maar daar word ruim gebruik gemaak van die dienste van ander leraars in die omgewing sowel as van vaardige ouderlinge. Elke gemeente-kop het ook sy eie kategeseskool, ingerig volgens sy eie behoeftes. Elke gemeentekop het sy eie karakter, behoeftes en uitdagings wat Empangeni 'n besondere interessante gemeente-opset maak. Die gemeente se ligging hier in Zululand met al sy unieke uitdagings verleen 'n plek in die Here se Koningkryk waar gelowiges hulle roeping met kreatiwiteit as 'n vreugdevolle avontuur kan uitleef. En, o ja, het ek al gesê......dis verskriklik warm in die somer, maar die winters is fantasties!


5 VRIENDSKAPSVERSOEKE!

 

1:  Wil jy help met goeie besluitneming en bestuur van die gemeente? Link

 

2:  Wil jy help met die opbou en versorging van ons lidmate? Link

 

3:  Wil jy help met ons gesinne: manne, vroue, kinders, jongmense en seniors? Link

 

4:  Wil jy �n verskil maak by nood in ons gemeente, gemeenskap en die wêreld? Link

 

5:  Wil jy help met ons eiendomme, finansies en personeel? Link

 

WEL, KONTAK ONS...    Link

 

 

 


 
Terug Terug na bo
 
:
8 Kerk Straat
South Africa
Tel: 035 772 3644

Kwikwap Webwerf Konsultant: Verona


Besoekers tot datum: 506826 Webwerf ontwikkel deur Kwikwap

Copyright © 2018 Nederduitse Gereformeerde Kerk Empangeni. All Rights Reserved.